BMW Suid-Afrika se webwerf (
www.bmw.co.za
) het verlede week 'n nul-gradering vir sekuriteit ontvang van die plaaslike sekuriteitswebwerf 2600.co.za se SECSI (secure e-commerce site initiative) departement - die eerste nul-gradering wat hy ooit toegeken het.
BMW se webwerf, wat verlede jaar die tweede plek behaal het in Business Day se jaarlikse webwerftoekennings, het die gradering ontvang vir beweerde onveilighede op sy toepassing vir sy finansi"ele en aantekenbladsye.
BMW s^e hy het die probleem drie weke gelede opgespoor - voordat 2600 die maatskappy gekontak het - in die proses om sy webwerf op te knap. Volgens Attie Wilcocks, bestuurder van Internetstelsels, BMW Suid-Afrika, is die probleem aangespreek en digitale sertifikate sal na verwagting teen Dinsdag op die werf beskikbaar wees.
"Die gebrek aan enkripsie maak die 'snuif` van persoonlike besonderhede moontlik," s^e 2600 se sekuriteitsadviesraad. "`n Kwaadwillige individu of korporasie kan hierdie inligting gebruik vir bedrog, bedryfspioenasie, strooipos, maatskaplike strukturering en inbreukmaking op `n gebruiker se privaatheid."
Share