Die uitsending oor die Internet van 'n reeks films deur bekende name in Hollywood word deur BMW geborg.
Regisseurs soos John Frankenheimer (van "Grand Prix" en "The Manchurian Candidate" faam), Ang Lee (Oscar en Golden Globe wenner met "Crouching Tiger, Hidden Dragon"), en Guy Ritchie ("Lock, Stock and Two Smoking Barrels"), neem aan die reeks deel wat op die Internet by www.bmwfilms.com. beskikbaar sal wees.
Onder die sterre wat sal verskyn, is Madonna, die Engelse akteur Clive Owen en Mickey Rourke.
Elk van die vyf oorspronklike Internetfilms stel sub-intriges bekend wat die kyker toegang bied tot geheime uittreksels uit die storielyne van elke film. Hierdie misterietogte - sommige verskuil, sommige in sig - wat deur Ben Younger ("Boiler Room") geregisseer word, maak die kykervaring uniek vir die Internetfilmentoesias.
"Ons het onsself by hierdie waterskeidingonderneming geskaar omdat dit 'n medewerkende poging is wat grense kruis en aandryf," s^e Tom Purves, president van BMW Noord-Amerika.
"Hierdie vermaaklikheidsgedrewe films, wat deur die top talent in die veld geregisseer word, is die perfekte toonkas om die opwinding en uniekheid van die BMW-ervaring te beklemtoon."
Besonderhede van die premi`eredatums van die films in die reeks is beskikbaar by www.bmwfilms.com.
Share